COVID-19 PLAN GEDURENDE DIE AFSONDERING | Klik hier

Vir meer inligting en ondersteuning in verband met COVID-19 besoek asb. www.sacoronavirus.co.za

GETUIENIS: VRYHEID IN DIE TRONK

My seun, Christoff, het aan die einde van 2018 by die Gideons aangesluit. Net voor Kersfees het dokter Chris Thirion vir Christoff saamgeneem na ʼn gevangenisplasing. Terwyl Christoff die oggend gebid het vir die plasing, het die Here vir hom duidelik ʼn beeld van ʼn gevangene met ʼn groot litteken onder sy linkeroog gewys. Die Gideons kon vir sewe jaar geen Testamente by die Harrismith gevangenis plaas nie. Sedert 2019 is daar met baie moeite Testamente geplaas, maar nooit meer as 50 per besoek nie.  Christoff en Chris het van seksie tot seksie beweeg, maar kon geen gevangene met ʼn litteken onder die oog kry nie. By die laaste seksie het die man met die litteken skielik voor hulle gestaan. “I don’t want a Bible from you!”, was die woorde van die geharde misdadiger. Christoff het na hom gedraai en geantwoord: “But I have a message from the Lord for you – will you please forgive your mother?” Die geharde gevangene het op sy knieë neergeval en Christoff om die bene gegryp en begin huil. Hy kon sy ma vergewe. Skielik het die ander gevangenes gestorm vir Bybels. Nodeloos om te sê is daardie oggend in Desember, kort voor Kersfees, 476 Testamente geplaas. Wat ʼn wonderlike Kersgeskenk, vir hulle wat moedeloos, sonder hoop of visie in hierdie gevangenis sit. Sedertdien besoek Chris en Christoff elke tweede Saterdag die gevangenis en bring ʼn boodskap van hoop en bemoediging. Soos Psalm 107: 10 & 13 dit stel: “Party het in die donker gesit, in diep duisternis, hulle was gevangenes, in ellende en in boeie.. Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende.”

GETUIENIS: VAN GEVANGENE TOT PREDIKANT

Op Donderdag 17 Januarie 2019 het ek teruggekeer na my kantoor na ‘n suksesvolle Bybelplasing in die Johannesburg Sentraal-gevangenis. ‘n Man met ‘n Bybel het by my kantoordeur kom staan. Ek het hom in genooi en gevra of ek moontlik kan help. Hy het homself voorgestel as Pastoor Matthew. Hy het my vertel dat hy… Lees Meer »

GETUIENIS: OM ‘N GROOT VIS TE VANG IN MAURITIUS

Markus 1:17 “Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Tydens ons wittebrood was ek en Michelle op ʼn dagtoer en kom by ʼn tempel aan waar die hoogste Hindu afgod buite Indië se beeld gehou word. Ons besluit om nie in te gaan nie maar om eerder buite in die… Lees Meer »

Vertel vir die Gideons
Jou Storie

Contact Us
Checkboxes