Below are some of our most frequently asked questions. If you still have any questions or queries, feel free to contact us on our contact page or fill in the form at the bottom of this page
IS DIE GIDEONS INTERNASIONAAL ‘N DENOMINASIE OF ‘N KERK?
Die Gideons is nie ʼn denominasie of ʼn kerk nie. Die Gideons Internasionaal is ʼn organisasie wat die werk van die Protestante/Evangeliese kerke komplimenteer. Ons lede kom van verskeie denominasies, woon regoor die wêreld en deel die begeerte om verlorenes na Christus te lei.
LEES MENSE OOIT DIE BYBELS WAT IN HOTELKAMERS BESKIKBAAR IS?
Ja! Elke Bybel wat in ʼn hotelkamer geplaas word, het die potensiaal om tot 2 300 mense te bereik in die berekende ses jaar lewensduur van so ʼn Bybel. Navorsing van die hotel-industrie dui aan dat ongeveer 25% van die besoekers die Bybels in die hotelkamers lees. Klik hier om ʼn getuienis te lees van die verskil wat ʼn Bybel in hotelkamer gemaak het. (Ernie du Plooy)
HET MEESTE MENS IN SUID-AFRIKA NIE REEDS ‘N BYBEL NIE?
Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap het getoon dat ongeveer 20 miljoen mense nie hulle eie Bybel besit nie.
WAT IS DIE INVLOED VAN DIE GIDEONS?
· Die Gideons versprei die Woord van God in 201 lande.
· Sedert die Gideons in 1950 in Suid-Afrika begin het, is daar meer as 44 miljoen Bybels geplaas.
· Wêreldwyd is daar reeds meer as 2 479 000 000 Bybels geplaas sedert 1908.
KAN EK BYBELS OF NUWE TESTAMENTE VIR MY KERK OF VIR PERSOONLIKE WERK KRY?
Ons missie is om uit te reik na verlorenes. Ons verskaf nie Bybels of Nuwe Testamente aan individue, kerke of ander organisasies om te versprei nie. Ons unieke metode maak daarvoor voorsiening dat ons lede die Bybels plaas in plekke soos skole, hotelle, dokterskamers ens.
WAT GLO DIE GIDEONS?
Alle Gideons onderhou/onderskryf die volgende kern oortuigings:
Glo dat die Bybel die geïnspireerde, onfeilbare Woord van God is.
Glo dat Jesus Christus die ewige Seun van God is.
Alle Gideons moet ook:
Jesus as Verlosser aanvaar het.
Streef om Jesus in hul daaglikse lewe na te volg.
ʼn Lidmaat wees van ʼn Evangeliese of Protestante kerk.
WAAROM VERSPREID DIE GIDEONS NOG HARD KOPIE VAN DIE BYBEL?
Baie mense wat toegang het tot digitale platforms, verkies steeds om ʼn harde kopie van die Bybel te gebruik. In Suid-Afrika is daar baie wat nie kan bekostig om die internet op ʼn daaglikse basis te gebruik nie.
WAARVOOR WORD DIE GELD GEGEE WORD GEBRUIK WAT EK SKENK?
Die geld gaan aan die druk, versending en verspreiding van Bybels. Daar is ook addisionele koste wat insluit: tantieme, stoorkostes, salarisse vir die personeel van die Nasionale Dienssentrum, kontrakarbeid, en toerusting.