GETUIENIS: GOD IS GETROU

Op Vrydagoggend, 21 Februarie 2020, het Florida-laer die voorreg gehad om twee Moslem skole te gaan besoek. Ons was twee Gideons en een Vriend van Gideons. Die eerste skool wat ons besoek het, het ons nie toegelaat om met die leerlinge te praat nie, maar tog om Bybels aan die gewilliges te oorhandig. 268 Leerlinge… Lees Meer »

GETUIENIS: HOU AAN SAAI

My naam is Dave Viljoen, ‘n pensioentrekker en aktiewe lid van die Helderberg laer in Somerset-Wes vir die afgelope vier jaar. Ek is ook deel van die Straatbediening in Somerset-Wes. Hier is ek lid van die predikingspan wat bestaan ​​uit sewe mense. Nie een van ons het enige opleiding nie, maar is deur die Here… Lees Meer »

GETUIENIS: VAN GEVANGENE TOT PREDIKANT

Op Donderdag 17 Januarie 2019 het ek teruggekeer na my kantoor na ‘n suksesvolle Bybelplasing in die Johannesburg Sentraal-gevangenis. ‘n Man met ‘n Bybel het by my kantoordeur kom staan. Ek het hom in genooi en gevra of ek moontlik kan help. Hy het homself voorgestel as Pastoor Matthew. Hy het my vertel dat hy… Lees Meer »

GETUIENIS: OM ‘N GROOT VIS TE VANG IN MAURITIUS

Markus 1:17 “Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Tydens ons wittebrood was ek en Michelle op ʼn dagtoer en kom by ʼn tempel aan waar die hoogste Hindu afgod buite Indië se beeld gehou word. Ons besluit om nie in te gaan nie maar om eerder buite in die… Lees Meer »

GETUIENIS: VRYHEID IN DIE TRONK

My seun, Christoff, het aan die einde van 2018 by die Gideons aangesluit. Net voor Kersfees het dokter Chris Thirion vir Christoff saamgeneem na ʼn gevangenisplasing. Terwyl Christoff die oggend gebid het vir die plasing, het die Here vir hom duidelik ʼn beeld van ʼn gevangene met ʼn groot litteken onder sy linkeroog gewys. Die… Lees Meer »