Hieronder is 'n paar van ons mees algemene vrae. As jy nog enige vrae of navrae het, kontak ons ​​gerus hier

none
WAT GLO DIE GIDEONS?

Alle Gideons onderhou/onderskryf die volgende kern oortuigings:
Glo dat die Bybel die geïnspireerde, onfeilbare Woord van God is.

Glo dat Jesus Christus die ewige Seun van God is.

Alle Gideons moet ook:
Jesus as Verlosser aanvaar het. Streef om Jesus in hul daaglikse lewe na te volg.

ʼn Lidmaat wees van ʼn Evangeliese of Protestante kerk.

WAT IS DIE INVLOED VAN DIE GIDEONS?
  • Die Gideons versprei die Woord van God in meer as 201 lande.
  • Sedert Die Gideons in 1950 in Suid-Afrika gestig is, is meer as 44 miljoen Bybels geplaas.
  • Wêreldwyd is meer as 2,4 miljard Bybels sedert 1908 geplaas.
KAN EK BYBELS OF NUWE TESTAMENTE KRY VIR MY KERK OF MY PERSOONLIKE GEBRUIK?

Ons verskaf nie Bybels of Nuwe Testamente aan individue, kerke of ander organisasies om te versprei nie. Ons unieke metode maak daarvoor voorsiening dat slegs ons eie lede die Bybels en Nuwe Testamente mag versprei aan byvoorbeeld die volgende mense en plekke: Graad 8 leerders, tersiêre studente, polisie lede, lede van die gewapende magte, prisoniers, hotelle, gastehuise, dokters- en prokureurskantore, swangerskap sentrums, klinieke, sowel as ouetehuise met ʼn kliniek.

Klik hier om WORD 'N VRIEND

IS DIE GIDEONS INTERNASIONAAL ‘N DENOMINASIE OF ‘N KERK?

Die Gideons is ʼn denominasie of ʼn kerk nie. Die Gideons Internasionaal is ʼn organisasie wat die werk van die Protestante/Evangeliese kerke komplimenteer. Ons lede kom van verskeie denominasies, woon regoor die wêreld en deel die begeerte om verlorenes na Christus te sien kom.

LEES MENSE OOIT DIE BYBELS WAT IN HOTELKAMERS BESKIKBAAR IS?

Ja! Elke Bybel wat in ʼn hotelkamer geplaas word, het die potensiaal om tot 2 300 mense te bereik in die berekende ses jaar lewensduur van so ʼn Bybel. Navorsing van die hotel-industrie dui aan dat ongeveer 25% van die besoekers die Bybels in die hotelkamers lees.

WAAROM VERSPREI DIE GIDEONS STEEDS HARDE KOPIEË VAN DIE BYBEL?

Baie mense wat toegang tot digitale platforms het, verkies steeds om 'n harde kopie van die Bybel te hê. In Suid-Afrika kan baie mense nie bekostig om die internet daagliks te gebruik nie.

HET DIE MEESTE MENSE IN SUID-AFRIKA NIE REEDS 'N BYBEL NIE?

Navorsing deur die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap toon dat ongeveer 20 miljoen mense nie hul eie Bybel besit nie.

fout: Inhoud is beskerm !!