GETUIENIS: HOU AAN SAAI

My naam is Dave Viljoen, ‘n pensioentrekker en aktiewe lid van die Helderberg laer in Somerset-Wes vir die afgelope vier jaar. Ek is ook deel van die Straatbediening in Somerset-Wes. Hier is ek lid van die predikingspan wat bestaan ​​uit sewe mense. Nie een van ons het enige opleiding nie, maar is deur die Here gekwalifiseer om Sy werk te doen. Elke Sondag preek ons vir ‘n groot groep hawelose mense agter die Somerset-Wes-stadsaal, langs na die taxistaanplek.

Teen die einde van April 2019 het ek gepreek oor “Ons roeping” en probeer om te illustreer dat ten spyte van hul omstandighede, kan hulle ook die lewe van iemand anders daar waar hulle is, beïnvloed (sien 1 Korintiërs 7:17-24). Na die diens word die mense gevoed met warm mieliepap, brood en tee. Twee nuwe nuwelinge, Jason en Ashley, het my kom vra of ek ‘n Bybel vir hulle gehad het. Ek het hulle elkeen ‘n PWT (Persoonlikewerkerstestament), een Afrikaans en een Engels gegee.

Op 19 Mei het ek die diens bygewoon soos gewoonlik. Voordat die aanvang van diens, het Jason en Ashley na my gekom en my weer vir hul geskenke bedank. Een van hulle het reeds tot by Markus en die ander tot by Johannes gelees. Ek kon van die bladsye sien dat hulle baie gelees het. Jason het getuig dat hoewel sy omstandighede nie verander het nie, sy lewe inderdaad verander het en dat hy sy Bybel gebruik het om die Woord van God aan sy vriende te versprei.

Nou vir my is dit waaroor alles gaan, en God se Woord kom nooit leeg terug nie – beide Jason en Ashley is twee veranderde mans. Een van die dames wat ook ons ​​kerk bywoon, het Ashley by die stemlokaal waar sy gestem het gesien waar hy geduldig in die tou gewag terwyl hy sy Gideons Bybel lees.

Ek wil graag alle Gideons en Hulproepe-lede aanmoedig om nooit ‘n geleentheid te laat verby gaan om vir iemand ‘n Testament te gee nie. Soos Markus 4:14 sê: “Die saaier saai die woord.” So, hou aan om te saai!