Waarom behoort kerke/besighede/individue ‘n skool aan te neem?

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” Lukas 18:16 (1983 vertaling).

Deur ʼn skool aan te neem fokus kerke/besighede of individue op, en kanaliseer hulle, hul evangelisasie energie na ’n bekende hoër/sekondêre skool van hul keuse met wie hul bestaande kontakte het.

Hoër- en sekondêre skole met graad 8 leerders word bedien met die Woord van God.

Die “Neem ‘n Skool Aan” inisiatief bied aan kerke/besighede/individue die ideale geleentheid om Evangelisasie nader aan die huis te bring deur die verspreiding van die Evangelie in hul eie gemeenskappe en sodoende by te dra en te verseker dat elke graad 8 leerder die Woord van God ontvang.

Hoe neem ek ‘n skool aan?

Enige iemand wat Jesus liefhet en graag Sy Koninkryk wil uitbrei deur finansiële ondersteuning aan die Gideons Internasionaal in Suid Afrika te gee.

Vra ‘n plaaslike Gideon om ‘n lys van skole wat beskikbaar is vir aanneming aan jou te verskaf of kontak die Gideons

Kies ‘n skool aan wie jy Testamente wil verskaf.

‘n Lid van die plaaslike Gideons sal die betalingsbesonderhede bevestig en seker maak dat die kerk/besigheid/individu verteenwoordig word tydens die volgende plasing van Bybels/Nuwe Testamente by die skool/skole van jou keuse.

Hoe kan jy help?

‘n Kerk/besigheid/individu kan betrokke wees tydens die oorhandiging van Testamente aan leerders sonder om ‘n Gideon te wees.