WORD 'N VRIEND
word ‘n vriend wat bid

Die Vriende van Gideons is ‘n aksie van Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika wat enige iemand in staat stel om betrokke te raak by die bediening van die Gideons, sonder om aan te sluit as ‘n lid.

Die Vriende van Gideons voorsien gebedsondersteuning aan Die Gideons Internasionaal in die uitvoering van hul oogmerk om siele te wen vir die Here Jesus Christus.

Wie kan ‘n biddende vriend word?

Enige iemand wat lief is vir Jesus en wil saamwerk om Sy koninkryk uit te bou en die bediening van die Gideons wil ondersteun deur gebed.

EK WIL ‘N VRIEND WORD WAT BID. KONTAK MY
Enquiry