Word 'n
Vriend
Vriende van Gideons is individue en organisasies wat deel word van Die Gideons Internasionaal, sonder om 'n lid te wees. Vriende van Gideons raak betrokke deur gebed, persoonlike werk en finansiële skenkings.
GEE EN BID
Vriende van Gideons
Enigiemand wat ons doelwit om siele vir die Here Jesus Christus te wen, toe om betrokke te raak by die Gideons-bediening, sonder om 'n lid te word.
Gebed bly die hoeksteen van Die Gideons Internasionaal. Ons maak staat op gebed om toegang tot meer as 40 plasingsareas te verseker. Die Gideons plaas die Woord van God of dele daarvan by hierdie instansies waar mense uit alle vlakke van die samelewing hulle op een of ander stadium bevind.
Vriende van Gideons is getroue bedieningsvennote met Die Gideons Internasionaal – 'n Vereniging wat 'n ryk geskiedenis het wat mense help om Jesus Christus te leer ken.
Die Gideons Internasionaal het lede in sowat 200 lande wat die Bybel in 109 tale plaas en versprei. Meer as 2,5 miljard eksemplare van God se Woord is sedert 1899 deur Die Gideons Internasionaal geplaas en versprei. Ons kan nie hierdie werk alleen doen nie.
Vriende van Gideons is individue en organisasies wat deel word van Die Gideons Internasionaal, sonder om 'n lid te wees. Vriende van Gideons raak betrokke deur gebed, persoonlike werk en finansiële skenkings. Vriende van Gideons het 'n hart daarvoor om te sien hoe mense na Christus kom en is daartoe verbind om die werk van Die Gideons Internasionaal uit te brei.
Soos Gideons, probeer Vriende om 'n groter invloed vir Christus in hul huise, kerke, werkplekke en gemeenskappe te uit te oefen terwyl hulle 'n groter netwerk van Christene regoor die wêreld ondersteun. Roep God jou om te bid, persoonlike werk te doen of te gee, terwyl Hy lei, ter ondersteuning van die bediening van Die Gideons Internasionaal? Wil jy groei deur jou geloof te deel en bemoedig te word deur hoe ander dit regoor die wêreld doen?