Word 'n
Gideon
Gideons getuig persoonlik en voorsien Nuwe Testamente aan mense wat hulle in hul daagliks lewe raakloop. Hulle plaas ook Bybels in plekke soos skole (graad 8’s), hotelle, tronke en spreekkamers.
Lede van die Gideons
- Ons lede getuig persoonlik en voorsien Nuwe Testamente aan mense wat daagliks hul pad kruis.
- Ons lede versprei self Bybels en Nuwe Testamente aan byvoorbeeld die volgende individue en plekke: Graad 8 leerders, studente by universiteite en kolleges, polisielede, lede van die gewapende magte, gevangenisse, hotelle, gastehuise, spreekkamers en prokureurs-kantore, swangerskap-sentrums, klinieke, sowel as ouetehuise met ʼn kliniek. Ons het meer as 44 miljoen Bybels en Nuwe Testamente sedert die totstandkoming van Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika in 1950 geplaas.
Deur God se Woord by jou te hê beteken dat jy mense na Christus kan lei en nuwe Christene kan groei deur die Bybel te bestudeer wat hulle ontvang het. Dit kan selfs gebruik om hul geloof met ander te deel. Die verspreiding van God se Woord:
- plant kragtige saad wat God kan gebruik volgens Sy tydsberekening (1 Korintiërs 3:6).
- laat mense toe om die waarheid vir hulself te lees (Johannes 8:32).
- dien as ʼn voortdurende getuienis wanneer die Gideon nie meer teenwoordig is nie (Hebreërs 4:12).
- maak dit maklik vir dié wat ons bereik, om op hul beurt, ander te bereik met die waarheid aangaande Jesus (2 Timoteus 2:2).
- maak dit moontlik vir nuwe Christene om te leer en te groei deur persoonlike Bybelstudie (2 Timoteus 2:15).
Lede bestaan uit Christen besigheids- en professionele mans wat ouer is as 21 jaar, wat glo dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is, wat glo dat Jesus Christus die ewige Seun van God is en Hom as hul persoonlike Saligmaker aanvaar het en poog om Hom te volg in hul daaglikse lewe. Hulle is ook lede van ʼn Evangeliese of Protestante kerk of gemeente. Leraars en pastore kan nie aansluit nie omdat hul reeds geroep is na ʼn spesifieke bediening.
Eggenote van Gideons word aangemoedig om aan te sluit by die Gideonsvroue. Hulle streef sy aan sy met hul gades vir die geloof van die Evangelie. Hulle neem deel aan laeraktiwiteite en fokus op die doelwit om andere te wen vir die Here Jesus Christus. Lidmaatskap is onderhewig aan die goedkeuring van die lidmaatskapskomitee.
Geestelike kwalifikasie: Persone wat oorweeg om by Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika aan te sluit, moet:
- Glo dat die Bybel die geïnspireerde Woord van God is (2 Timoteus 3:16).
- Glo in Jesus Christus as die unieke Seun van God (Johannes 3:16).
- Jesus Christus as sy/haar persoonlike Saligmaker aanvaar het (Romeine 10:9).
- Poog om Christus daagliks in sy/haar lewe te volg (Romeine 12:12).
- Glo in die ewige poel van vuur vir die verlorenes (Openbaring 20:10-15).
- ʼn Lidmaat wees van ʼn plaaslike Protestante of Evangeliese gemeente waar hy aanbid.
- Nie ʼn leraar/prediker wees nie, of nie erken word as ʼn leraar nie.
Jaarlikse lidmaatskap fooie 2024/2025
Gideons: R1 300 per jaar
Gideonsvroue: R650 per jaar
Deur God se Woord kan ons mense lei tot geloof in Christus en nuwe Christene kan groei deur die Bybel (God se Woord) te bestudeer en kan dit gebruik om hul geloof met ander te deel.
Ons lede getuig persoonlik en voorsien Nuwe Testamente aan mense wat daagliks hul pad kruis. Ons lede versprei persoonlike Bybels en Nuwe Testamente aan byvoorbeeld die volgende individue en plekke: leerders, studente by universiteite en kolleges, polisielede, lede van die gewapende magte, prisoniers, hotelle, gastehuise, spreekkamers en prokureurs-kantore, swangerskap sentrums, klinieke, sowel as ouetehuise met ʼn kliniek. Ons het meer as 42 miljoen Bybels en Nuwe Testamente geplaas sedert die totstandkoming van Die Gideons Internasionaal in Suid Afrika in 1950.
Wil jy 'n Gideon word?
Is jy gereed om persoonlik te getuig en Nuwe Testamente uit te deel aan mense wat jy in jou daaglikse lewe teëkom? Vul die vorm in en ons sal kontak maak.