Oor

Die Gideons

Die Gideons Internasionaal is 'n vereniging van Christen besigheids- en professionele mans, wat saam met hul vrouens toegewyd is om mense van Jesus te vertel. Ons versprei die Goeie Nuus deur saam te staan in diens van die Here, om persoonlike getuienis te deel en Bybels en Nuwe Testamente aan die wêreld te verskaf. Alhoewel ons dikwels herken word vir ons Bybelplasings in hotelkamers, plaas en versprei ons ook Testamente op ander strategiese plekke sodat dit beskikbaar is vir diegene wat opsoek is daarna, sowel as diegene wat dalk nie weet dat hulle dit nodig het nie.

Een Visie

Die visie kom uit Filippense 1:27 en is as volg: Strewe sy aan sy vir die geloof van die Evangelie, in Een Gees, Een Verstand en Een Visie, of word bloot Een Visie genoem.

Een Visie bemagtig ons om effektief en met vreugde ons medemens vir die Here Jesus Christus oor te wen. Een Visie hou ons geanker in die vereniging se stigtingsbeginsels, hou ons gefokus op die Groot Opdrag, en bemagtig ons om in een gees en een verstand te dien.

 

Ons as lede is deur God geroep – broers en susters in Christus, mans saam met ons vrouens – wat saam streef om die Goeie Nuus effektief en met vreugde met die wêreld te deel deur saam te staan vir diens, persoonlike getuienis, persoonlike werk en die verspreiding van God se Woord.

Bybel verspreiding

Die verspreiding van God se Woord, deur die verspreiding van Bybels, kan en sal mense tot geloof in Christus lei. Nuwe Christene groei deur die Woord te bestudeer en kan dit selfs gebruik om hul nuutgevonde geloof met ander te deel.

Om hierdie rede fokus ons op die verspreiding van volledige Bybels, Nuwe Testamente, of gedeeltes daarvan. Hierdie kopieë van God se Woord word in meer as 109 tale gedruk en word óf direk aan sekere individue gegee óf in goedgekeurde plasingsareas geplaas waar groot getalle mense, wat dalk na antwoorde soek, die geleentheid sal hê om die Woord van God te ontmoet.

Ons Aktiwiteite

Ons Leierskap

NASIONALE
PRESIDENT

Jaco Putter

NASIONALE
VISEPRESIDENT

Corné de Jager

NASIONALE
TESOURIER

Jaco Grobbelaar

INTERNASIONALE
TRUSTEE

Pierre le Grange

NASIONALE
SEKRETARIS

Leon van der Merwe

Ons Geskiedenis

Die begin
In die herfs van 1898 het John H. Nicholson van Janesville, Wisconsin, na die Central Hotel in Boscobel, Wisconsin, gegaan om vir die nag oor te bly. Aangesien die hotel stampvol was, is daar voorgestel dat hy saam met Samuel E. Hill van Beloit, Wisconsin, 'n dubbelkamer moet deel. Die twee mans het gou agtergekom dat hulle albei Christene is. Terwyl hulle saam hul aandgebede gedoen het, op hul knieë voor God, het God hulle geïnspireer om 'n verskil in die lewens van ander reisigers te maak. Hierdie inspirasie het later in 'n vereniging ontwikkel.
Die vergadering

Op 31 Mei 1899 ontmoet die twee mans weer by Beaver Dam, Wisconsin, waar hulle die inspirasie van 'n vereniging, om Christelike kommersiële reisigers saam te snoer vir wedersydse erkenning, persoonlike evangelisasie diens aan die Here, gefinaliseer het. Kort daarna is besluit om 'n vergadering in Janesville, Wisconsin op 1 Julie 1899 saam te roep.

 

Slegs drie mans was by daardie vergadering teenwoordig: John H. Nicholson, Samuel E. Hill en Will J. Knights. Hulle het georganiseer met Hill as president, Knights as vise-president, en Nicholson as sekretaris en tesourier. Daar is deeglik besin oor wat die naam van die vereniging moet wees. Na spesiale gebed dat God hulle mag lei om die regte naam te kies, het mnr Knights van sy knieë opgestaan en gesê: "Ons sal Gideons genoem word." Hy het die sesde en sewende hoofstukke van Rigters gelees wat die rede vir die voorstel van daardie naam aangetoon het.

Die res is geskiedenis

70 jaar in 2020

Die eerste laers
Die eerste Gideonslaer in Suid-Afrika is in Oktober 1950 by Pietermaritzburg gestig. Die volgende laer is in Johannesburg gestig en in 1951 is nog twee laers in Kaapstad en Port Elizabeth gestig. In 1962 is laers in Oos-Londen en die Wes-Rand gestig, en in 1964 die Kimberley- en Oosrandlaers.
1950
Die eerste plasing van Bybels
Die eerste plasing van Bybels in 'n hotel was in 1952 by die Hotel Edward in Durban, en in 1954 word 'n laer in Durban gestig. Die eerste algemene jaarvergadering het in 1955 by die Carlton-hotel in Johannesburg plaasgevind en in 1958 word 'n laer in Pretoria gestig.
1952
Nasionale vereniging status
Die Gideons in Suid-Afrika het in 1964 nasionale verenigingstatus bereik en die eerste jaarlikse Nasionale Konvensie is dieselfde jaar in Bloemfontein gehou. Sedert 1950 is meer as 44 miljoen Bybels in Suid-Afrika geplaas.
1964

70 jaar van God se werk in Suid-Afrika

Soli Deo Gloria

Raak Betrokke

Word 'n Gideon

Gideons is lidmate wat persoonlik getuig en Nuwe Testamente deel aan mense wat hulle in hul daaglikse lewe teëkom. 

Word 'n Vriend

Vriende van Gideons raak betrokke deur middel van gebed en finansiële bydraes.

Scroll to Top

Ons hoofdoel is om ander na Christus te lei deur persoonlike getuienis, getuienisse en die strategiese plasing van die Woord van God. Jou finansiële bydrae sal ons help om Testamente te druk en te versprei.

Our Banking Details

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Debietvorm