meer oor
Die Gideons
Die Gideons Internasionaal is 'n vereniging van Christen besigheids- en professionele mans, wat saam met hul vrouens toegewyd is om mense van Jesus te vertel. Ons versprei die Goeie Nuus deur saam te staan in diens van die Here, om persoonlike getuienis te deel en Bybels en Nuwe Testamente aan die wêreld te verskaf. Alhoewel ons dikwels herken word vir ons Bybelplasings in hotelkamers, plaas en versprei ons ook Testamente op ander strategiese plekke sodat dit beskikbaar is vir diegene wat opsoek is daarna, sowel as diegene wat dalk nie weet dat hulle dit nodig het nie.
Ons Visie
Een Visie bemagtig ons om effektief en met vreugde ons medemens vir die Here Jesus Christus oor te wen. Een Visie hou ons geanker in die vereniging se stigtingsbeginsels, hou ons gefokus op die Groot Opdrag, en bemagtig ons om in een gees en een verstand te dien.
Ons as lede is deur God geroep – broers en susters in Christus, mans saam met ons vrouens – wat saam streef om die Goeie Nuus effektief en met vreugde met die wêreld te deel deur saam te staan vir diens, persoonlike getuienis, persoonlike werk en die verspreiding van God se Woord.
Bybel verspreiding
Die verspreiding van God se Woord, deur die verspreiding van Bybels, kan en sal mense tot geloof in Christus lei. Nuwe Christene groei deur die Woord te bestudeer en kan dit selfs gebruik om hul nuutgevonde geloof met ander te deel.
Ons Leierskap
NASIONALE
PRESIDENT
Corné de Jager
NASIONALE
VISEPRESIDENT
Jaco Grobbelaar
NASIONALE
TESOURIER
AJ Wohlfahrt
INTERNASIONALE
TRUSTEE
Pierre le Grange
NASIONALE
SEKRETARIS
Leon van der Merwe
STREEK 1
Piet Spies
STREEK 2
Werner Pretoruis
STREEK 3
Carl Visagie
STREEK 4
Peter Tolsma
NASIONALE GEESTELIKE LEIER
Kuben Moodley
LEDEPROGRAM KOÖRDINEERDER
Riaan Stoop
KERKPROGRAM
KOÖRDINEERDER
Johan Vorster
GELOOFSFONDS
KOÖRDINEERDER
Marius Pieters
BYBELPROGRAM
PROGRAM COORDINATOR
Jaco Putter
NASIONALE
PRESIDENT
Ané Esterhuizen
NASIONALE
VISEPRESIDENT
Anita De Jager
NASIONALE
TESOURIERE/SEKRETARESSE
Esta Putter
NASIONALE GEESTELIKE LEIER
Ettorina Stoop
STREEK 1
Marguerite Luttig
STREEK 2
Petro Vermeulen
STREEK 3
Sarieta Wentzel
STREEK 4
Leana Mostert
LEDERPROGRAM
KOÖRDINEERDER
Christa Vorster
BYBELPROGRAM
KOÖRDINEERDER
Lida Greyling
Ons Geskiedenis
Die begin
Die vergadering
Op 31 Mei 1899 ontmoet die twee mans weer by Beaver Dam, Wisconsin, waar hulle die inspirasie van 'n vereniging, om Christelike kommersiële reisigers saam te snoer vir wedersydse erkenning, persoonlike evangelisasie diens aan die Here, gefinaliseer het. Kort daarna is besluit om 'n vergadering in Janesville, Wisconsin op 1 Julie 1899 saam te roep.
Slegs drie mans was by daardie vergadering teenwoordig: John H. Nicholson, Samuel E. Hill en Will J. Knights. Hulle het georganiseer met Hill as president, Knights as vise-president, en Nicholson as sekretaris en tesourier. Daar is deeglik besin oor wat die naam van die vereniging moet wees. Na spesiale gebed dat God hulle mag lei om die regte naam te kies, het mnr Knights van sy knieë opgestaan en gesê: "Ons sal Gideons genoem word." Hy het die sesde en sewende hoofstukke van Rigters gelees wat die rede vir die voorstel van daardie naam aangetoon het.
Die res is geskiedenis
75 jaar in 2025

Die eerste laers

Die eerste plasing van Bybels

Nasionale vereniging status
GETUIENISSE DEUR DIE JARE
STEEDS STAANDE, GESTUUR & GESËEND
Ter herdenking van 75 jaar van Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika