Los 'n Nalatenskap

Jy kan lewens beïnvloed wanneer jy sterf, deur 'n bemaking in jou testament aan Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika na te laat; maak ons ​​'n begunstigde in jou versekeringspolisse of beleggings, of voeg 'n kodisil by jou testament.

Hou aan om'n verskil te maak lank na jou afsterwe.

Soos ʼn mens ouer word, wonder jy soms of jou lewe enige sin en betekenis gehad het – Wat het ek bereik of nie bereik in die lewe nie? In sy boek Prediker het Salomo ook dieselfde vrae gevra en sy vrese vir ’n lewe sonder doel met ons gedeel. Daar is 'n doel vir jou bestaan hier op aarde: Om iets vir iemand te beteken en 'n impak op sy of haar lewe te hê. ’n Ware nalatenskap verryk mense se lewens, nie wêreldse besittings, sukses of prestasie nie.

Toe Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy vir ons die Heilige Gees as 'n nalatenskap gegee. Net so kan ek en jy ook iets agterlaat wat mense se lewens van geslag tot geslag kan verander. Wat jy in jou loopbaan bereik het, beteken niks in vergelyking met die invloed wat jy kan hê op die lewens en harte van mense wat die Goeie Nuus nodig het nie.

 

Elkeen van ons weet watter impak 'n Bybel op iemand se lewens kan hê. Jy het dalk self so 'n ervaring gehad en daar is ook baie getuienisse wat dit bevestig.

 

In ons tydelike bestaan hier op aarde, plaas ons die Woord van God in mense se hande en harte. Wat gebeur egter wanneer ons die tydelike met die ewigheid verruil en aan God se voete in die hemel sit? Sal diegene wat agterbly hier op aarde met Sy gebod kan voortgaan? As daar genoeg mense is, sal daar genoeg Bybels wees?

Selfs wanneer jy jou opdrag hier op aarde voltooi het, kan jy steeds 'n blywende verandering in mense se lewens verseker deur gebruik te maak van die Nalatenskapprogram op een van die volgende maniere:

 

  1. 'n Bemaking in jou testament aan Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika.
  2. Maak Die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika 'n begunstigde in jou versekeringspolisse of beleggings.
  3. Voeg 'n kodisil by jou testament. (ʼn Kodisil is ʼn spesiale aanhangsels met spesifieke voorkeure wat deel vorm van jou testament) Klik hier om 'n kodisil af te laai..

Wat sal jy agterlaat?

Waarvoor sal jy onthou word?

Watter invloed sal jy op die geestelike rykdom van toekomstige geslagte hê?

 

 

“Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en ʼn oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig” (Markus 4:8).

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Daar is 'n doel vir jou bestaan hier op aarde: Om iets vir iemand te beteken en 'n impak op sy of haar lewe te hê. ’n Ware nalatenskap verryk mense se lewens, nie wêreldse besittings, sukses of prestasie nie.

Soos ʼn mens ouer word, wonder jy soms of jou lewe enige sin en betekenis gehad het – Wat het ek bereik of nie bereik in die lewe nie? In sy boek Prediker het Salomo ook dieselfde vrae gevra en sy vrese vir ’n lewe sonder doel met ons gedeel.

 

Dink bietjie na oor die volgende beeld: Hoeveel pitte is in ʼn peer? So vier tot agt, soms ʼn bietjie meer. MAAR, hoeveel pere is in ʼn pit? Wanneer ons ʼn peer-pit plant en die boom word groot sal dit duisende pere dra wat elk ook weer duisende pitte het. Hierdie pitte het weer duisende bome tot gevolg wat miljoene pere dra. Hoeveel pere is in ʼn pit?

Ek wil 'n Nalatenskap los

Tree nou op deur die vorm hieronder in te vul en ons sal jou kontak of laai die KODISIL af vir 'n bemaking, vul dit in en stuur dit aan finance@gideonssa.org

Raak Betrokke

Word 'n Gideon

Gideons is lidmate wat persoonlik getuig en Nuwe Testamente deel aan mense wat hulle in hul daaglikse lewe teëkom. 

Word 'n Vriend

Vriende van Gideons raak betrokke deur middel van gebed en finansiële bydraes.

Scroll to Top

Our Banking Details

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Ons hoofdoel is om ander na Christus te lei deur persoonlike getuienis, getuienisse en die strategiese plasing van die Woord van God. Jou finansiële bydrae sal ons help om Testamente te druk en te versprei.

Debietvorm