Hierdie is ʼn foto van ʼn werker in ʼn plastiek fabriek. Dit het begin by ʼn vraag wat hy vir my gevra het: “Hoekom is jy altyd so positief?” Ek het vir hom genoem dat ek positief is omdat ek niks te vrees het nie want ek weet dat my God in beheer is. Ek het hom genooi om een van ons dienste in die fabriek by te woon. By sy eerste diens het nie een van die gewone mense opgedaag nie – net twee nuwelinge. Ek het die boodskap gedeel en albei van hulle het gesê dat hulle ook vir Jesus wil aanneem. Ek kon met behulp van ʼn Gideons Testament die evangelie met hulle deel en kon daarna vir elkeen ʼn Nuwe Testamentjie gee.