Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang

Die Here Jesus het self gesê, soos dit geskrywe staan in Handelinge 20:35,

“…Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Ek het dit self al baie keer in my tyd saam met Die Gideons ervaar. Een voorbeeld is van 'n skoleplasing wat ons 'n paar jaar gelede een Maandagoggend by Frances Vorwerg Skool gedoen het.

Frances Vorwerg is 'n skool vir gestremde kinders. Dit was my eerste besoek aan die skool en ek was bietjie onseker oor wat om te verwag. Die plasing het egter meestal soos enige ander skoleplasing verloop, met die verskil dat wanneer ʼn mens tydens saalopening op die verhoog staan en die kinders toespreek, daar 'n lang ry kinders in rolstoele voor jou sit.

Ná die saalopening het die graad 8-leerlinge agtergebly om hul Bybels te ontvang. Een van hierdie kinders, in 'n rolstoel, kom toe na my en met groot moeite begin hy ʼn gesprek met my voer.

Eerstens het hy vir my gesê sy naam is Duncan. Toe sê hy vir my dat die Bybel sy gunsteling Boek is, en dat Johannes 3:16 sy gunsteling vers is. Hy vra toe vir my of hy asseblief vir ons kan bid.

Ons het in 'n kring om hom gestaan en hy het vir ons gebid. Dit was vir my 'n baie roerende ervaring en het my weer laat besef hoe geseënd ons is om die Here se werk te kan doen. Hierdie seun sou enigiets gee om uit daardie rolstoel te kon opstaan en uit te gaan om 'n Bybel in iemand se hand te gaan plaas. Dit het my laat besef dat ek moet ophou om verskonings te maak.

Gerdus Wilcocks
Nasionale Kapelaan

Scroll to Top

Ons hoofdoel is om ander na Christus te lei deur persoonlike getuienis, getuienisse en die strategiese plasing van die Woord van God. Jou finansiële bydrae sal ons help om Testamente te druk en te versprei.

Our Banking Details

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Debietvorm