Die prys van 'n siel

Die prys van petrol is so hoog! Dit is in almal se gedagtes. Ek het my kar op 'n Dinsdag volgemaak, en het 'n PWT uitgehaal en die Goeie Nuus met die petroljoggie te deel. Vinnig het nog een my voorruit kom was, en 'n derde een het gevra of hy my olie en water kan nagaan, en ek het 'n wonderlike gehoor gehad!

 

Hulle het almal aandagtig geluister, totdat die vloerbestuurder een van hulle geroep het om 'n ander kliënt te help. Hy was baie nuuskierig en het na my motor toe gekom, en ek kon ook met hom deel. Toe ek vir hom 'n PWT gee, het ek hom gevra om dit vir die man wat geroep was dit te gee en dit verder aan hom te verduidelik. Hulle was almal verheug en kon my nie genoeg bedank nie.

 

Ek het vier PWT'e uitgedeel terwyl my kar gevul was met hierdie duur petrol. Ek het my logboek ingevul, maar ek het nie eers op die bedrag gekonsentreer nie, want my gedagtes was besig met iets anders … DIE PRYS VAN 'N SIEL IS SOVEEL HOËR! Ja, JESUS het die uiteindelike prys betaal!

 

Ek het gewonder hoeveel Gideons en Gideonsvroue wel voertuie het en hoeveel keer hulle brandstof in gooi? En ek het gewonder hoekom dit so moeilik is om die Evangelie met die petroljoggie te deel in daardie paar oomblikke wat jou venster oop is, en jy sy volle aandag het? Is dit omdat jy nie enige BROOD byderhand het om uit te gee aan 'n honger wêreld daar buite nie? Of is dit dat jy nie minder kan omgee nie? Of is dit omdat jy nie die R25 het om vir 'n PWT te betaal nie? (Ek kan jou verseker dat ek nie geld het nie, maar ek weet dat wanneer ek die PWT’e bestel, God vir my sal en nog altyd voorsien het.) Toe ek by die huis kom en my rekenaar oopmaak, het ek gesien dat ek 'n korting sal ontvang van SARS! Halleluja!

 

Wanneer ons op sending uitreike gegaan het, sou ons die Evangelie in die KRAG VAN DIE HEILIGE GEES deel en DIE RESULTATE AAN GOD VERTROU! Ek wil elke Gideon en Gideonsvrou aanmoedig om bereid te wees om te deel en te deel en te deel tot DAARDIE HEERLIKE DAG! Jy sal nooit weet hoeveel petroljoggies jy aan die voete van JESUS sal ontmoet nie!

 

Maranatha

Esther

Scroll to Top

Ons hoofdoel is om ander na Christus te lei deur persoonlike getuienis, getuienisse en die strategiese plasing van die Woord van God. Jou finansiële bydrae sal ons help om Testamente te druk en te versprei.

Our Banking Details

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Debietvorm