Testamente deur Gideons geplaas duik in vreemde plekke op. Die jong man in die foto is Jafel Filho met die bynaam van “Pastor”. Hy is ‘n gemengde gevegskunsvegter van Brasilië. Hy het op Saterdag, 16 Maart 2024, in Las Vegas ‘n “Ultimate Fighting Championship” geveg gewen. Sy ondersteuningspan het, onmiddellik na die geveg, vir hom die Bybel aangegee. Dit het hy triomfantlik omhoog gehou toe hy as wenner aangekondig is. Daarna het hy ook getuig dat Jesus sy Verlosser is.