Werk saam met die Heilige Gees

Marius, my man, is die bestuurder by San Michele Home, 'n tuiste vir volwassenes met geestelike en fisieke uitdagings. Dit is 'n plasingsgebied vir die Gideonsvroue, en ons besoek hulle jaarliks om Bybels aan die personeel uit te deel. Elke oggend sluit sommige van die personeellede by hom aan vir 'n opening met Skriflesing en gebed. Die kombuisbestuurder, Angelique, woon gereeld die gebedsbyeenkomste by, en 'n kort tydjie gelede het sy haar lewe aan Jesus toegewy nadat Marius haar deur die pad van redding gelei het agter in haar Testament. Op 'n oggend het sy Marius bedank vir die wyse waarop hy haar oor die geloof leer. Hier is haar verhaal:

"Gisteraand het my motor op 'n onveilige plek onklaar geraak en het ek paniekerig begin raak toe ek dit nie kon aan kry nie, en ek niemand kon kry om my te help nie. Skielik het ek onthou wat jy oor geloof gesê het, en ek het Jesus gevra om hulp. Toe hoor ek 'n stem wat vir my sê om die motor aan te skakel. Ek was baie verlig toe ek die enjin onmiddellik aan die hang kon kry, en ek kon huis toe ry. Dit was die mees ongelooflike gevoel van vreugde en die eerste keer dat ek Jesus vertrou het om my te help."

Die boodskap hierbo is 'n baie goeie voorbeeld van hoe 'n egpaar saamwerk vir die geloof van die Evangelie. Ek het die saad gesaai, Marius het dit natgemaak, en die Heilige Gees het dit laat groei.

Aan God die eer!

Colla Bosman

Nasionale president: Gideonsvroue

Scroll to Top

Ons hoofdoel is om ander na Christus te lei deur persoonlike getuienis, getuienisse en die strategiese plasing van die Woord van God. Jou finansiële bydrae sal ons help om Testamente te druk en te versprei.

Our Banking Details

Eerste Nasionale Bank (FNB), Pretoria

Takkode: 25 14 45 (EFT)

Tjekrekening: 510 608 41 497

Debietvorm